Oor ons
AfriForum is daaraan toegewy om ons Afrikaanse kultuur en kunste te ondersteun. Ons glo in die krag van kultuur om gemeenskappe te verenig en ons Afrikaanse erfenis te laat voortleef. Daarom is ons vasbeslote om die waarde hiervan te bevorder.
Ons het die kaartjies.co.za-platform geskep waar AfriForum, organiseerders, kunstenaars en gemeenskappe sáám kan groei en floreer. Dié platform bied die nuutste tegnologie op ’n gebruikersvriendelike webtuiste wat volgens jou korporatiewe identiteit aangepas kan word.
Die organiseerder kan ook die vloeruitleg op die platform bepaal en kaartjies daarvolgens verkoop.
Die kaartjies.co.za-platform bied die volgende:
- Geniet die nuutste tegnologie met ’n gebruikersvriendelike webtuiste wat volgens jou korporatiewe identiteit aangepas kan word.
- Die platform bied ’n mededingende kostestruktuur vir skole en ander Afrikaanse organisasies.
- Jy kan jou eie vloeruitleg bepaal, en die kaartjies.co.za-platform sal die kaartjies daarvolgens verkoop.
- Die kaartjies word per e-pos of SMS-boodskap na jou kliënte gestuur.
- Dit is ’n volledige bestuursinligtingstelsel met baie bruikbare inligting oor kaartjieverkope wat aan die kliënt gestuur sal word, indien nodig.
